Oosterlig | Covid-19 Nuusbrief

Dis merkwaardig hoe ons wêreld in 'n paar dae drasties verander het! Hierdie is die trant van die toekoms en gemeentes wat nie vinnige veranderinge kan hanteer nie het geen toekoms nie. Ons beweeg tans vorentoe in wat Tod Bolsinger noem uncharted territory. Ons weet nie wat môre gaan inhou nie, maar ons weet egter één ding en dit is dat die Here met ons is.
Ons President het die afgelope week 'n noodtoestand aangekondig waar hy byeenkomste van meer as eenhonderd mense verbied. Mense in kettingwinkelskoop alle voorraad op van wie-weet-wat. Hoe moet ons dink hieroor en wat is Oosterlig se strategie?
In hierdie epos wil ons drie dinge kommunikeer:
So kom ons begin.
Kort antwoord is: op soveel maniere as moontlik. Ons gaan gereeld video's plaas met verskillende Corona-related temas. Die video's gaan deurentyd geplaas word op alle WhatsApp-groepe, op ons App, op ons Webblad, Instagram, sowel as Oosterlig se Facebookblad. Ons gaan ook vir julle eposse stuur. So hou die verskillende spasies dop.
Ons deel graag met julle tien geestelike riglyne wat julle kan help om hierdie interessante tyd in ons wêreld te hanteer.
In die lig van ons President se aankondiging Sondagaand gaan Oosterlig van nou af alternatiewe eredienste hê. Dit beteken dat ons nie gaan bymekaar kom in die kerkgebou nie, maar dat ons dienste uitgesaai gaan word op Youtube elke Sondag-oggend om 09:00, in die veiligheid van jou eie huis. Soek vir “Oosterlig” op Youtube en kliek dan op die heel boonste video op ons Youtube-bladsy. Ons stuur later vandag 'n video uit om jou hiermee te help. Verder sal die skakel vir ons aanlyn-erediens ook op ons App, Webblad en Facebook wees.
Vir mense wat dalk sukkel met tegnologie wil ons aanmoedig om julle huisgroep / kleingroepgeleendhede te begin hou op Sondagoggende in eredienstyd. Kom dan bymekaar met iemand wat genoeg WiFi by die huis het, sowel as iemand wat weet hoe om met die internet en Youtube te werk.
Indien jy nie tans deel is van 'n kleingroep nie, oorweeg gerus om saam te groepeer met ander gemeentelede en die erediens saam te beleef.
Indien daar mense is vir wie nie een van hierdie geleenthede 'n opsie is nie, skakel asseblief hierdie week nog die kerkkantoor vir ‘n afspraak dat ons jou kan help. Ons doen dit met liefde.
Vriende, Winston Churchill het gesê: "Never waste a great crisis!" Die Here is met ons en Hy wink alreeds vanuit die toekoms vir ons. Kom ons sluit by Hom aan. Kom ons gaan die toekoms saam met Hom tegemoet. Wat so 'n toekoms ook al sou behels! Kom ons bly kalm, nugter, liefdevol, geduldig en verantwoordelik.
Ons as leraars gaan julle teenwoordigheid Sondag mis en kan nie wag vir die dag wanneer dinge weer normaliseer en ons julle weer op Oosterlig se kampus kan ontmoet nie!
Die God wat vrede gee, is met elkeen van julle!!

- Hoe gaan Oosterlig kommunikeer aangaande die Corona-virus?
- Hoe moet ons geestelik daarna kyk?
- Wat is ons bedieningstrategie?
So kom ons begin.
- Hoe gaan Oosterlig kommunikeer?
Kort antwoord is: op soveel maniere as moontlik. Ons gaan gereeld video's plaas met verskillende Corona-related temas. Die video's gaan deurentyd geplaas word op alle WhatsApp-groepe, op ons App, op ons Webblad, Instagram, sowel as Oosterlig se Facebookblad. Ons gaan ook vir julle eposse stuur. So hou die verskillende spasies dop.
- Hoe moet ons geestelik daarna kyk?
Ons deel graag met julle tien geestelike riglyne wat julle kan help om hierdie interessante tyd in ons wêreld te hanteer.
- Primêre vraag: Hoe bring ons hoop en bevorder ons die Koninkryk van God in hierdie tyd? Die eerste vraag is dus nie hoe ek myself kan gemaklik maak of beveilig nie, maar hoe toon ek Jesus aan die wêreld. Kom ons behou dus die regte fokus.
- Moenie panic nie! Vrees is vernietigend in krisistye aangesien dit ons idee en prentjie van realiteit- sowel as ‘n spesifieke situasieheeltemal kan skeeftrek! Besluite moet nooit vanuit vrees geneem word nie. Die Message vertaling van Psalm 27 sê: "When besieged I’m as calm as a baby: when all hell breaks loose I’m collected and cool". Mag ons in hierdie tyd die redelikheid vir die samelewing voorsien.
- Moenie in ontkenning leef nie: Werk liewer voorkomend saam. Ons besef dat baie mense dink hierdie ding word geheel en buite verband geruk. Dit mag so wees, of dalk nie. Wie weet? Wat ons egter nie kan doen nie is om elkeen in sy/haar eie rigting te trek want dan saai ons slegs verdere chaos en onenigheid. Ons hoef nie saam te stem nie, maar ons moet saam werk. Kom ons ondersteun eerder die leiers van die land.
- Wees geduldig met almal, veral met die regering. Mense is tans baie onseker en onseker mense doen soms snaakse goed. Dis egter alles 'n manier waarop mense die saak probeer verwerk.
- Moenie jouself begewe in 'n paniekbevange opkopery nie. Ons as Jesus-volgelinge kan nie maar net op 'n stockpiling spree gaan soos die ander nie. Tye soos hierdie toets hoe opreg ons in ons geloof is. Vertrou die Here. Wees bereid om ongemak te beleef en op te offer. Los genoeg vir ander.
- Wees kreatief met oplossings: Maak ander planne met water eerder as om alles in die winkels op te koop. Kry dalk eerder ‘n goeie water filter. Of kry ander maniere om byvoorbeeld toiletpapier mee te vervang of probeer jou eie hand sanitizers maak. Dis nie ingewikkeld nie.
- Ons fokus moet wees op die kwesbares en slagoffers in hierdie tyd, oueres en siekes en mense met kwale wat maklik besmet kan word. Indien daar sommige van julle is wat sukkel om julle inkopies gedoen te kry, vanweë julle eie isolasie of dergelikeomstandighede, skakel asseblief die kerkkantoor dat ons jou inkopies vir jou kan doen. Wees uitermate compassionate. Dis in tye soos hierdie wat die historiese kerk sy grootste impak gemaak het. Moeilikheid is immers die kerk se besigheid!
- Intussen – totdat alles weer na normaalterugkeer – wees verantwoordelik: was jou hande gereeld en deeglik, wanneer jy simptome beleef isoleer jouself, konsidereer ander.
- Onthou die belangrikheid van vreugde en sang! Laat die vreugdevolle wysies van die evangelie op ons lippe bly! Lees gerus Filippense 4:4-9, Handelinge 16: 16-27.
- Bid nuut: Laat ons nie toelaat dat Corona 'n struikelblok word nie, maar eerder ‘n geleentheid. Kom ons fokus ons gebede op genesing, wysheid en onselfsugtigheid. Bid ook dat mense wat nie in God glo nie, se harte oopgaan vir die waarheid, goedheid en skoonheid van die Goeie Nuus van Jesus.
- Wat is ons bedieningstrategie?
In die lig van ons President se aankondiging Sondagaand gaan Oosterlig van nou af alternatiewe eredienste hê. Dit beteken dat ons nie gaan bymekaar kom in die kerkgebou nie, maar dat ons dienste uitgesaai gaan word op Youtube elke Sondag-oggend om 09:00, in die veiligheid van jou eie huis. Soek vir “Oosterlig” op Youtube en kliek dan op die heel boonste video op ons Youtube-bladsy. Ons stuur later vandag 'n video uit om jou hiermee te help. Verder sal die skakel vir ons aanlyn-erediens ook op ons App, Webblad en Facebook wees.
Vir mense wat dalk sukkel met tegnologie wil ons aanmoedig om julle huisgroep / kleingroepgeleendhede te begin hou op Sondagoggende in eredienstyd. Kom dan bymekaar met iemand wat genoeg WiFi by die huis het, sowel as iemand wat weet hoe om met die internet en Youtube te werk.
Indien jy nie tans deel is van 'n kleingroep nie, oorweeg gerus om saam te groepeer met ander gemeentelede en die erediens saam te beleef.
Indien daar mense is vir wie nie een van hierdie geleenthede 'n opsie is nie, skakel asseblief hierdie week nog die kerkkantoor vir ‘n afspraak dat ons jou kan help. Ons doen dit met liefde.
Vriende, Winston Churchill het gesê: "Never waste a great crisis!" Die Here is met ons en Hy wink alreeds vanuit die toekoms vir ons. Kom ons sluit by Hom aan. Kom ons gaan die toekoms saam met Hom tegemoet. Wat so 'n toekoms ook al sou behels! Kom ons bly kalm, nugter, liefdevol, geduldig en verantwoordelik.
Ons as leraars gaan julle teenwoordigheid Sondag mis en kan nie wag vir die dag wanneer dinge weer normaliseer en ons julle weer op Oosterlig se kampus kan ontmoet nie!
Die God wat vrede gee, is met elkeen van julle!!
Recent
Archive
2020
Categories
no categories
No Comments