VOLG ONS

Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig,
en verdra mekaar in liefde.

Efesiërs 4:2

HUWELIKSGELEENTHEDE

Troues

Indien jy wil hê een van die leraars moet julle trou, moet julle ten minste 6 maande voor julle troudag met hom kontak maak. Ons stel ook voor dat julle 'n huwelikskursus bywoon voordat julle trou.

VOORHuwelikse kursus

Die Voorhuwelikse kursus word oor vyf Donderdae by Oosterlig aangebied van 18:00 tot 20:00, teen ’n koste van R600 per paartjie.  Paartjies bring hul eie etes saam.  Oosterlig voorsien ’n ete op die laaste kursusaand.

Inskrywingsvorm

Huwelikseminaar

Die huwelikseminaar word twee keer in 2026 oor 'n naweek aangebied.
Tydens hierdie naweek fokus ons op getroude pare en help hulle op terreine wat die meeste konflik veroorsaak in die huwelik. 
Plek: La'WiiDA Lodge
Datums:

Naweek van
(1) 27 Feb - 1 Maart 2026
of
(2) 18 - 20 September 2026
Koste: R 1850 per paar

Inskrywingsvorm