VOLG ONS

EN ROUTE BYBELSKOOL

Vandag se gelowiges is ongelukkig gewoond aan die Bybel in kitskosvorm en dit kom ons duur te staan. Ons ervaring is dat almal die Bybel inneem deur ander skrywers se boeke en reeds-verteerde dagstukkies. Die wat wel probeer Bybel lees wend hulleself na geïsoleerde versies sonder inagneming van die konteks. Niemand lees meer die Bybel van voor na agter vir hulleself nie. G’n wonder dat ons kerke vandag so oppervlakkig in ons geloof beleef word nie.

Dis presies wat die doel van En Route is: Om mense se lewens te verbind met die volle, lewende evangelie met al sy nuanse, sodat die verhaal so saamsmelt met ons eie dat dit één verhaal word!

Volgende bybelskool

Hou die blad dop vir meer inligting oor ons volgende Bybelskool.

EN ROUTE BYBELToer

Ons En Route Bybeltoere bly ’n hoogtepunt op Oosterlig se kalender. In 2024 het ons die voetspore van Paulus in Griekeland gevolg, en hierdie jaar neem die toer ons na ’n nuwe en opwindende bestemming—Italië.

Oosterlig se En Route Bybeltoer het hierdie keer koers gekies na die asemrowende Italië—’n reis reg in die voetspore van die apostel Paulus. Die groep is binnekort oppad na die historiese stad Rome, waar hul avontuur amptelik afskop.
Van die indrukwekkende Vatikaan tot ikoniese plekke waar Paulus die evangelie verkondig het, wag daar ’n reis vol betekenis, ontdekking en inspirasie op hulle.

Soos met elke toer, beleef deelnemers nie net die ongelooflike antieke plekke waarvan ons in die Bybel lees nie, maar ook die besondere gevoel van gemeenskap wat binne die groep groei.
Onder leiding van Roedolf Botha en Johan Erasmus vorm hierdie toere steeds die perfekte kombinasie van teologie en geskiedenis.

Hou gerus Oosterlig se kommunikasie dop vir meer inligting oor toekomstige Bybeltoere, en kliek op die video (regs) vir ’n voorsmakie van die hoogtepunte van ons En Route Bybeltoere. Ons wens die groep ’n voorspoedige reis toe—mag dit vir hulle ’n onvergeetlike ervaring wees.

GRIEKELAND 2024

#1 - 300, Leonidas en Geloof

#2 - Watter lesse moet ons leer uit hierdie klooster-tradisie?

#3 - Paulus, Berea en Bybelkennis

#4 - Geesvervulde sang in
moeilike tye

#5 - Paulus: Hoe dinge vir vroue verander het

#6 - Paulus in die stapstyl van die evangelie

#7 - Paulus begin die
skryf-revolusie

#8 - Paulus en identiteit

#9 - Die invloed van Griekse mitologie op die evangelie

#10 - Alexander die groot idioot?

#11 - Griekeland Q&A

#12 - Olympus: Hoe verskil Christus van die gode?

#13 - Orakels, noodlot en die rede van die evangelie

#14 - Liefde en Paulus se verhouding met die Korintiërs

#15 - Geloof is 'n liggaamsding (met Q&A)

#16 - Denke vandag: Van slagveld tot metanoia

#17 - Griekse afgode, redenasies en Paulus se vreemde strategie

#18 - Sterf met styl

VORIGE BYBELSKOLE

Levitikus (Roedolf Botha)

Eksodus (Roedolf Botha)

2 Korintiërs (Roedolf Botha)

Filemon (Roedolf Botha)

Spreuke (Roedolf Botha)

Jeremia (Stephan Joubert)

Efesiërs (Roedolf Botha)

Jesaja (Roedolf Botha & Stephan Joubert)

Prediker (Roedolf Botha)

Jakobus (Roedolf Botha)

Enige Vrae?

Ons hoor graag van jou