VOLG ONS

EN ROUTE BYBELSKOOL

Vandag se gelowiges is ongelukkig gewoond aan die Bybel in kitskosvorm en dit kom ons duur te staan. Ons ervaring is dat almal die Bybel inneem deur ander skrywers se boeke en reeds-verteerde dagstukkies. Die wat wel probeer Bybel lees wend hulleself na geïsoleerde versies sonder inagneming van die konteks. Niemand lees meer die Bybel van voor na agter vir hulleself nie. G’n wonder dat ons kerke vandag so oppervlakkig in ons geloof beleef word nie.

Dis presies wat die doel van En Route is: Om mense se lewens te verbind met die volle, lewende evangelie met al sy nuanse, sodat die verhaal so saamsmelt met ons eie dat dit één verhaal word!

EN ROUTE BYBELToer

Ons En Route Bybeltoere is 'n hoogtepunt van die jaar. Ons het hierdie jaar in die voetspore van Paulus geloop tydens ons Griekeland Bybeltoer. Gedurende hierdie toere beleef jy die ongelooflike antieke spasies wat jy gereeld in die Bybel raaklees, asook die onvergeetlike gevoel van community wat binne die groep groei. Roedolf Botha en Johan Erasmus bied dié toere aan en is die perfekte kombinasie van teologie en geskiedenis.

Hou Oosterlig se kommunikasie dop vir meer inligting oor ons volgende Bybeltoer en kliek gerus op die video (regs) vir 'n voorsmakie van die hoogtepunte van ons En Route Bybeltoere. Hoop ons sien jou by die volgende een!

VOLGENDE BYBELSKOOL

Ons volgende Bybelskool vind vir ses Woensdae plaas en word deur Roedolf Botha aangebied.

Wanneer? Woensdae 7 Augustus tot 11 September
Hoelaat? 19:00 tot 20:30 in Communitas
Koste? R150 per persoon

VORIGE BYBELSKOLE

Eksodus (Roedolf Botha)

2 Korintiërs (Roedolf Botha)

Filemon (Roedolf Botha)

Spreuke (Roedolf Botha)

Jeremia (Stephan Joubert)

Efesiërs (Roedolf Botha)

Jesaja (Roedolf Botha & Stephan Joubert)

Prediker (Roedolf Botha)

Jakobus (Roedolf Botha)

ENIGE VRAE?

Ons hoor graag van jou