VOLG ONS

Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels.

Matteus 28:19

Ons glo dat die Here sy volgelinge roep om ten volle teenwoordig in hulle gemeenskap te wees en ook aktief, doelbewus en intensioneel grense oor te steek na mense wat anders lyk en anders dink en anders glo.
Daarom poog elkeen van ons om, veral binne die konteks van Suid-Afrika,
verhoudings te kweek oor talle soorte grense heen, sodat die eenheid van
Jesus se koninkryk sigbaar kan word.

MAAK 'N VERSKIL NUUS

GOEIE NUUS, BEELD

Stephan Joubert skryf die volgende oor ons Ntwanano Rugbydag in 2023 saam met ons geloofsfamilie in Tembisa, Tabernacle (Church of God in Christ):

EVANGELIE GEBEUR OP LOFTUS, SOCCER CITY

"Kom ons wees net 'n slag die antwoord op ons eie gebede." - Stephan Joubert

NOG NUUS!!!

EENHEID OP DIE SOKKERVELD

VAN GATVOL TOT GAT_VOL SAAM MET BETEREINDERS

TEMBISA SLEEPOVER

Ons het in Tembisa gaan oorslaap oor die naweek van 16 September 2023 saam met ons geloofsfamilie in Tembisa (Tabernacle: Church of God in Christ).

Kliek op die video (regs) vir meer oor dié spesiale belewenis!

KOMBERSE VIR DIE WINTER

SAAM MET PEN

Ons is jaarliks deel van PEN se Winter-Hoop projek, waar ons 'n klompie komberse insamel en dan by PEN gaan ingee, om 'n verskil te maak gedurende die koue winterseisoen.

Wanneer ons die komberse gaan ingee, is dit nie net 'n vinnige "aflaai-en-exit" nie. Ons kuier saam met PEN se gemeenskap met die doel om intensioneel verhoudings te bou met mense wat stories het om te vertel - stories van hoop.

Kyk gerus na die video (links) vir meer oor hierdie ongelooflike organisasie.

Maak 'n verskil geleenthede

LYFSKUIF
WOENSDAG

Ons hou elke maand 'n LYFSKUIF Woensdag wat jy saam met ons span kan bywoon. Op hierdie Woensdae doen ons verskeie gemeenskapsprojekte saam met die verskillende organisasies waarmee ons hande vat om in ons omgewing 'n verskil te maak. Hierdie projekte bestaan uit onder andere: Potholes regmaak, PEN-kuiers waar ons fisiese behoeftes aan onbevoorregte gemeenskappe skenk/uitdeel, blanket- en skryfbehoefte drives, en ander!

LEER LEES
PROJEK

Partykeer vat dit net een klein daad om 'n massiewe verskil in iemand se lewe te maak. Ons spandeer elke tweede Saterdag van elke maand 'n bietjie tyd saam met kinders uit verskillende onbevoorregte agtergronde, waar ons help met die verbetering van hul leesvaardighede - maar bo dit alles is dit 'n tyd van aandag en liefde gee - twee dinge waarna elke liewe kind smag.

Wil jy ons help om 'n kind te leer lees?
Join ons vir ons volgende Leer Lees-oggend en kom maak saam met ons 'n verskil! Jy hoef nie 'n gekwalifiseerde onderwyser te wees nie.  

NTWANANO
EENHEID

Ntwanano beteken eenheid.
As Maak 'n Verskil-span reël ons byeenkomste waar jy die geleentheid kry om 'n bietjie meer te leer oor ander kulture en agtergronde. Ons het byvoorbeeld al 'n Ntwanano Rugbydag én 'n Ntwanano Sokkerdag gehad. Hierdie byeenkomste vind gewoonlik op Saterdae plaas saam met ons Dialoog- en Tembisa-vriende.

Hou ons Maak 'n Verskil-blad dop vir meer inligting oor ons volgende byeenkoms!

Borg 'n Bok
projek

Ons vra jaarliks dat ons gemeentelede wat graag jag dit oorweeg om 'n bok te borg ter ondersteuning van ons voedselverspreidingsprojekte.

Hoe werk dit?
Laai jou skenking by enige slaghuis van jou keuse af en vul asseblief die vorm hieronder in. Ons sal die skenking se verwerking en afhaal verder hanteer.

TABERNACLE (COGIC)
IN TEMBISA

Tabernacle is 'n kerk wat deelvorm van ons geloofsfamilie in Tembisa. Ons vat gereeld hande met Tabernacle om hul as kerk in hul onmiddelike omgewing te bemagtig. Ons kuier ook gereeld saam deur geleenthede soos braai-dae, sleepovers, ensomeer.

Skuif jou lyf en leer ken mense wat anders as jy lyk, dink en leef. 

Tembisa
kersprojek

Ons vat ook jaarliks saam met Tabernacle (COGIC) hande om die kinders in hul gemeenskap in die Kersseisoen te bederf. Ons het byvoorbeeld 1060 pare skoolskoene ingesamel in 2022, en het in 2023 speelgoed aan die gemeente geskenk (iets wat die kinders in Tembisa nie sommer kan bekostig nie).

Dankie aan elkeen wat elke jaar help om ons Tembisa Kersprojek 'n groot sukses te maak!

MAAK 'N VERSKIL met jou kundigheid

Deel jou kundigheid met die gemeenskap

Ons elkeen wil graag 'n verskil maak, maar weet nie altyd waar nie. Jy kan help deur jou eie kundigheid beskikbaar te stel.
Vul asb die volgende vorm in en ons kontak jou wanneer ons jou hulp kort:

Maak 'n verskil ORGANISASIES

PEN

'n Inklusiewe, geloofsgebaseerde organisasie wat individue help om die armoedesiklus te ontsnap om 'n
Suid-Afrika te bou waar almal behoort. Hulle werk in 5 gebiede regoor Pretoria.


Hier gebruik hulle 'n holistiese benadering gebaseer op vyf sleutel impak-areas:
Fisiese Welstand, Emosionele Welstand, Geestelike Welstand, Beroepswelstand en Gemeenskap. 

Oosterlig help PEN elke jaar om oor die 80 000 te bedien.
Verder neem ons elke jaar deel aan PEN se Winter-Hoop projek deur om komberse te skenk.
Ons borg ook elke jaar meer as 30 kinders om studiekampe by te woon.

SUIKERBEKKIES

'n Vroeë Kinderontwikkelingsentrum vir 2-6 jariges in Nantes Eersterust.

Die gebied word geteister deur dwelm- en alkoholgebruik en meer dikwels as nie, is dit die kinders wat ly aan die gevolge hiervan.
Die skool het in 2001 begin as 'n manier om hierdie kinders gelyke geleenthede te gee om 'n holistiese program te ontvang om hulle voor te berei vir skool.

Die skool maak tans voorsiening vir 145 verwaarloosde, wees-gelate, mishandelde en kwesbare kinders wat nie die geleentheid sou kry om andersins te leer nie.
Die meerderheid van die ouers kan nie skoolfondse bekostig nie, dus is die skool afhanklik van skenkings.

Oosterlig verskaf maandelikse kosskenkings.
Klere, speelgoed en boeke word ook uitgedeel om soos benodig deur die skool vir behoeftige gesinne of opvoedkundige doeleindes gebruik te word.

BESIGE OUMAS

Die NG Gemeente in Daspoort het ‘n nood in die skole raakgesien, waar verskeie kinders wat hier skole bywoon, sonder kos opdaag weens moeilike huishoudelike omstandighede.
As 'n gevolg hiervan het die Besige Oumas ontstaan.

Hulle voorsien elke Maandag toebroodjies aan Hermanstad Laerskool en Hercules Hoërskool (‘n totaal van 283 kinders).

Op Vrydae voorsien hulle aan die skole verskillende tipes gekookte kos. Mieliemeel word ook verskaf aan die skole om self pap te maak.

Vanaf 2021 is daar tussen 4 en 6 gesinne uit die gemeenskap geïdentifiseer waarvoor kospakkies op 'n maandelikse basis voorsien word.

Daar word gereeld opgevolg om aan te pas by die behoeftes van die mense wat deur Besige Oumas bedien word.

Kontak vir Driena Meiring om by hierdie projek betrokke te raak:
064 979 6574

Paul Jungnickel

'n Tehuis vir 140 volwasse inwoners (18-59 jaar oud) en 25 senior inwoners (60+) met verskillende gestremdhede.

Hulle assesseer die potensiaal van elke individu in die tehuis en probeer hul uiterste bes om stimulerende aktiwiteite en die nodige sorg aan hierdie individue te verskaf.

Hulle gee om na die mediese, sosiale, emosionele en fisiese behoeftes van elke inwoner en verseker dat die inwoners toegang het tot 24-uur mediese sorg en drie maaltye per dag.

Inwoners word ook daagliks na mediese afsprake vervoer.

'n Maatskaplike werker is beskikbaar om in elke inwoner se psigososiale behoeftes te voorsien.

Kungwini ECDC

'n Vroeë Kinderontwikkelingsentrum

By Kungwini ECDC glo hulle in die belangrikheid van onderwys. Soos oudpresident Nelson Mandela gesê het, "Onderwys is die kragtigste wapen wat jy kan gebruik om die wêreld te verander".

Hierdie oortuiging het gedien as die inspirasie om die leersentrum in Zwavelpoort te stig. Die skool maak voorsiening vir 50 voorskoolse kinders. Hierdie diens word gelewer aan kinders wie se ouers nie konvensionele voorskoolse fooie kan bekostig nie.

Elke kind kry die geleentheid om vyf dae per week skool by te woon en twee maaltye per dag te ontvang.

Die onderwysers is ook vroue in die gemeenskap wat voorheen werkloos was. Kungwini ECDC bied opleiding aan en bied aan hierdie onderwysers die geleentheid om hul NQF4-kwalifikasie by 'n onderwyskollege te verwerf.

ELEOS

Mercy in action...

Eleos glo daarin om ‘n gemeenskap te bemagtig om hulself te help.

Hulle streef daarna om
aandag te gee aan die fisieke, emosionele en geestelike behoeftes en welstand van die behoeftige gemeenskap in Pretoria-Wes.

Die hoofdoel van Eleos is om minderbevoorregte kinders en hul gesinne te versorg en te help deur vroeë ingryping en deur maatskaplike ontwikkelingsprogramme te fasiliteer.
Al Eleos se aktiwiteite en werkswinkels is daarop gerig om die nodige vaardighede, gereedskap en vertroue te bied om verandering en ‘n beter toekoms te implementeer.

OEBOENTOE

Oeboentoe bied sedert 1994 'n veilige, liefdevolle skuiling vir verwaarloosde en getraumatiseerde kinders tussen die ouderdom van 0 en 18.

Die huisouers, Cawood en Erica Kelbrick en hul vier kinders, vorm die raamwerk vir verskeie welsynsorganisasies en kinderbeskerming.

Eenhede van die SAPD plaas kinders hier vir ongespesifiseerde tydperke.
Hier word die kinders nie net fisies versorg nie, maar hulle word ook geestelik en emosioneel ondersteun deur die huisouers en word bygestaan deur verskeie individue wat op 'n gereelde basis by die organisasie betrokke is.
Hulle word ook beskerm teen verdere blootstelling aan fisiese, seksuele en emosionele mishandeling en verwaarlosing, totdat die Jeughof se ondersoek afgehandel is.

Die Oeboentoe Huis het 'n huis geword en sorg gebied vir ongeveer 310 kinders oor die afgelope jare, soms binne baie moeilike omstandighede.

KINDERWELSYN tshwane

Kinderwelsyn Tshwane is 'n nie-winsgewende Kinderbeskermingsorganisasie wat in die groter Tshwane-area werk. Hulle beskerm en sorg vir mishandelde, verwaarloosde en verlate babas en kinders. Die fokus lê sterk op gesinsbewaring as 'n voorkomende strategie vir kinderbeskerming. Kinderwelsyn Tshwane het maklik toeganklike gemeenskapsdienspunte wat in Atteridgeville, Centurion, Elandspoort, Mamelodi-Wes, Sunnyside en Arcadia geleë is.

HUIS
BENJAMIN

Huis Benjamin is ‘n plek van veiligheid waar maksimum 6 kinders vanaf 3 jaar tot 12 jaar geplaas word. Die kinders wat in Huis Benjamin geplaas word is oor die algemeen kinders wat erg getraumatiseer is as gevolg van die trauma waaraan hulle in hu ouers of
versorgers se sorg blootgestel is.
Hierdie kinders kort dikwels terapie.

Die meeste van die ouers van die kinders het alkohol- en dwelm afhanklikheids probleme en as gevolg daarvan is hulle werkloos, hulle behuisingsomstandighede is nie
geskik vir kinders nie en hulle is fisies en emosioneel nie daartoe in staat om die kinders te versorg nie.

Gesinsgeweld kom ook gereeld binne hierdie huishoudings voor. Kinders kan fisies, emosioneel en seksueel deur verslaafde ouers of versorgers mishandel word.

Die nood binne die gemeenskappe in CMR Gauteng-Oos vir die plasing van
kinders in 'n plek van veiligheid is baie groot. Kindermishandeling en kinderverwaarlosing neem toe in gemeenskappe as gevolg van ontoereikende ouers, gesinsgeweld tussen ouers en ouers met alkohol en dwelmafhanklikheids probleme.
Baie kinders vanuit die CMR
kantore van veral Bronkhorstspruit, Cullinan en Silverton word op ‘n gereelde basis in Huis Benjamin geplaas.

GROEI
GOGGAS

Groei Goggas is ‘n Christelik-gebaseerde Afrikaanse kleuterskool vir Graad RRR en Graad RR kleuters.
Hierdie kinderontwikkelingsentrum is in die Weste van Pretoria, Danville (tans in LIG Kinderbediening se
fasiliteite) geleë.
Groei Goggas bedien 30 Kleuters van 4 – 5 jaar, asook hul gesinne.
Hierdie kleuters kry twee keer per dag ‘n ete (ontbyt en middagete).
Oosterlig gee maandeliks kosvoorraad vir Groei Goggas wat hoofsaaklik vir die kleuters se daaglikse etes aangewend word. Hierdie voorraad dra ook by tot kospakkie-verspreiding aan die gesinne van die kleuters.

ONS HUIS

Ons Huis skep ‘n veilige tuiste en werksomgewing vir volwasse verstandelik gestremdes wat nie in die hoofstroom sosiale omgewing geïntegreer kan word nie. Ons Huis help hierdie individue om in te pas deur om hulle menswaardigheid te erken en te respekteer, hulle te stimuleer, asook om hulle sosiaal en emosioneel geborge te laat voel.

CMR

CMR Gauteng-Oos is 'n geregistreerde nie-winsgewende Christelike organisasie wat bestaan uit 'n toegewyde professionele netwerk van maatskaplikewerkpersoneel.
CMR gee om met deernis en gee hoop aan bedroefde gesinne en kinders.
Hierdie organisasie streef uiteindelik daarna om gemeenskappe te bemagtig om gelukkige en tevrede gesinne te ontwikkel.
Daar is 14 CMR-spreekkamers in die oostelike voorstede van Gauteng en in die Johannesburg-omgewing.

REDDINGSDAAD

Reddingsdaad is 'n welsyn organisasie wat die gemeenskap in Pretoria-Wes help (nou al vir meer as 35 jaar). Wendy huise word verskaf vir bejaardes wat net SASSA gelde inkry en nie fondse of familielede het om selfstandig te kan wees en leef nie. Hier kry hulle geleentheid om deel te neem in die gemeenskap, toegang aan mediese hulp en daaglikse gekookte kos. Hulle lei ook mense op in verskeie areas byvoorbeeld kosmaak, naels doen en naaldwerk, om sodoende die gemeenskap op te bou.

MAAK 'N VERSKIL SENDELINGE

Trevor Matthews

My naam is Trevor Matthews. Ek word 50 die jaar en is al vir 25 jaar met my vrou Karin getroud. Ons is geseënd met 2 kids, Nicole en Will.

Ek is al sedert 2010 in voltydse sending, waar ek reg oor die wêreld die evangelie gaan verkondig het maar met 'n meer gefokusde roeping vir Botswana, waar ek toevallig ook groot geword het.

Ons is onderdanig aan Every Nation, wat 'n wêreldwye kerkbeweging is. Every Nation fokus op evangelisasie en dissipelskap deur kerke te plant, veral onder die volgende generasie.  Daar is dus ook 'n sterk fokus op kampus bediening: "Change the campus, change the world".

Ek het 'n passie vir "rural ministry" in die dorpe van Botswana, maar natuurlik dryf dit my om die evangelie te deel waar okal ons is....of dit nou in die plaaslike Checkers is, op straat, of êrens in die wêreld. Ons is besig om ons  papierwerk in plek te kry om permanent Botswana toe te trek, maar in die tussen tyd doen ons gereelde uitreike daarheen.

Francois en Leanie Du Toit

Francois en sy vrou Leani het in Julie 2016 na Philippolis in die Vrystaat verhuis. Hulle het ‘n gedeelde visie om geregtigheid, genade en waardigheid vir die gemarginaliseerdes na te streef. Leila, hul aangenome dogter, het in November 2019 by die gesin aangesluit wat vier maande oud was. Met hul gekombineerde vaardighede - Francois in onderwys en besigheidsanalise en Leani as argitek, teoloog en lewensafrigter - was hul oorspronklike droom om hul huis en pragtige omgewing vir toevlugsdoeleindes te deel. Vir die eerste drie jaar was hul kliënte uitgeputte leiers en oorweldigde kruiskulturele werkers. Hul besoekende gaste het dikwels uitbranding en 'n behoefte aan ontlonting en rus ervaar.

Die desperate realiteite van die plaaslike township-bevolkings het egter gou onmoontlik geword om te ignoreer. In die winter van 2017 het Francois 'n bietjie sop gekook en dit aan 'n halfdosyn kinders bedien wat later elke week gemiddeld twee-en-dertig kinders sou word, bekend as The Kids Club.

Daar is nog baie min tot geen buitemuurse aktiwiteite vir die jongmense in ons dorp beskikbaar nie. Die meeste van hulle raak ingetrek deur dwelm- en alkoholmisbruik. Hierdie gedrag lei tot verwaarlosing, geweld en tienerswangerskappe. MIV/vigs is steeds 'n werklikheid in die townships. Baie huishoudings is aan die hoof van kinders met beperkte ondersteuning van familie en vriende.

Francois en Leanie het vir twee jaar voortgegaan om elke week 'n veilige ruimte vir hierdie kinders te skep, deur belangstellende volwassenes oor 'n maaltyd deur Alpha-kursusse te leer ken. Maar hulle het gou besef dat ons nog 'n strategie nodig het om al die gebrokenheid in ons gemeenskappe aan te pak en ons vertrou God met elke stap in die pad vorentoe.

Gaerth Tarbitt

Gaerth is getroud met sy mede-pelgrim, Gabi en is die geseënde pa van hul tweeling, Adelle & Ethan.

Hy het ‘n hart vir die haweloses in Tshwane en sy visie met “The Way Home” is om kerke toe te rus om by die haweloses betrokke te raak: Om hulle by te staan om hul Godgegewe beeld te herstel, hul waardigheid te herstel en hulle die nodige lewensvaardighede te leer om weer op hul voete te kan kom.

Saam met die Here wen hulle elke week harte en neem saam met hawelose individue stappe sodat hulle "The Way Home" kan vind.

Philip en Maryke Pretorius

Philip, Maryke, Noah en Nathan Pretorius

In 2019 het God vir Philip en Maryke geroep om dissipels te gaan maak, leiers op te rig, en kerke te plant, in Nederland.

Sedertdien, het hulle 'n gesonde en groeiende kerk in Utrecht geplant, bekend as Every Nation Utrecht, wat hulle nou saam met 'n lokale ouderlingspan lei. Hulle is ook baie opgewonde oor 'n nuwe kerk plant in Eindhoven, waaroor hulle tans toesig hou.

Oortuig dat die evangelie die grootste gawe is wat gedeel kan word, het hulle 'n visie om dissipelmakende-kerke in elke stad van Nederland te plant, tot eer van God.

Sendeling onder moslems

As gevolg van die geweld teenoor Christene in dié Afrika-land het die sendeling gevra dat ons nie sy naam of die spesifieke streek waar hy bly noem nie.

Hy is deel van ‘n span wat in die “Hoorn van Afrika” die koninkryk van God bou. Hulle doel is om  besighede te vestig wat ‘n sterk fokus op die transformerende krag van die evangelie het. Hy lewe elke dag onder die Moslems en bou persoonlike verhoudings en maak ook  gesprekke oop oor die koninkryk van God.

Wil jy graag betrokke raak
en 'n verskil maak?

Vul  gerus die vorm in om die proses aan die gang te kry.