VOLG ONS

Efesiërs 4:11-13

Oosterlig het verskillende bedieninge wat poog om in die behoeftes van ons gemeente en breër gemeenskap te voorsien. Ons bedieninge poog om 'n spasie te skep waar jy kan behoort en waar jy kan groei.

Kontak ons indien jy betrokke wil raak.

ANDER OOSTERLIG BEDIENINGE

Gasvryheid

Wanneer mense by ons kom kuier,
praat hulle altyd oor ons gasvryheid.
Ons Gasvryheidspan poog om soos Jesus, elke persoon wat op ons kampus kuier, welkom te laat voel.
Op Sondae sal jy hierdie span by die deure, koffie- en teebediening
en parkering sien.

Kommunikasie

Ons kommunikasie-hasies (of basies!) is verantwoordelik vir alle in-persoon en aanlyn-kommunikasie.
Ons geskrewe, oudio en visuele inhoud word deur hierdie span gedroom en geskep - en hulle is altyd besig om skelm-foto's van ons byeenkomste te neem!

Gebedsbediening

Die Gebedsbediening glo onwrikbaar in die krag van gebed. Gebedsversoeke word gerig en jy kan dan gebedsgeleenthede bywoon of help beplan of inskakel by ‘n gebedsketting.

Aanbidding

Aanbiddingsleiers, sangers, musikante!
Almal kom saam om te help groei aan Oosterlig se aanbiddingskultuur.

Kreatiewe Kunste

Ons Kreatiewe Kunste bestaan uit musiek, dekor en erediens-momente.
Liedjieskrywers, dekor-entoesiaste en vervaardigers van spesiale momente
vorm deel van hierdie ongelooflike span.

Tegnies & Media

Kenners en ingenieurs van klank en beligting, aanlyn-erediens uitsendings en visuele media maak seker dat ons dienste visueel en ouditief
aangrypend is.

Buitelugbediening

Hier kry jy die geleentheid om uit die stad te kom en in die natuur met mekaar en met ons Skepper te kuier. Jy kan ander help om die opdraandes uit te klim;  jy kan help beplan, kosmaak, noodhulp verleen of met jou kitaar ‘n kampvuurervaring help skep.

Besigheidsbediening

Ons besigheidsbediening is in 2022 gestig en word deur Roedolf Botha en Jacques du Plessis ontwikkel.
Hierdie bediening poog om jou met die nodige hulpbronne en kennis toe te rus waarmee jy die besigheidswêreld suksesvol en met goeie waardes kan benader.

CMR

CMR Gauteng-Oos is 'n gerigestreerde Nie-Winsgewende Organisasie wat bestaan uit toegewyde maatskaplike werkers.  Die spesifieke tak kan gevind word op Oosterlig se perseel.
Kontak
012 945 1567
swcmr@oosterlig.co.za

Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie,
maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.

Markus 10:45

Ons glo dat die Here ons elkeen uniek geskep het met ons eie persoonlikheid, gawes en bekwaamhede. Ons glo ook dat Hy vir ons 'n voorbeeld stel van nederige diens aan ons naaste. Daarom poog elkeen van ons om ons eie unieke gawes en plek in die gemeente te ontdek en die gemeente in nederigheid te dien.

BEDien in ons gemeente

Gebruik jou unieke gawes en talente om 'n verskil te maak in die koninkryk van God.

Jy kan as vrywilliger by 'n bediening in Oosterlig betrokke raak.
Vul die vorm hieronder in en ons help jou om jou plek te vind waar jy
'n verskil kan maak.

HET JY VRAE OOR HOE JY
BETROKKE KAN RAAK?

Ons sal graag met jou wil gesels.
Vul gerus die vorm in