VOLG ONS

Matteus 19:14

WELKOM BY KOMPASKIDS

Oosterlig se kinderbediening verwelkom elke kind, van 18 maande tot Graad 6, om op 'n wonderlike reis met God te gaan. Hier vorm elke kind deel van God se groot verhaal – en net soos hulle is, is hulle welkom om te kom beleef en groei. Ons wil jou kind nie net help om die Bybel te leer ken nie, maar om dit werklik in hul daaglikse lewe te ervaar. Hier ontdek hulle nie net wie God is nie, maar ook wie hulle ín Hom is.
Registreer jou kind vandag as deel van iets besonders: 'n Plek waar hulle nie net leer nie, maar waar hulle regtig kan groei en God se liefde ervaar.
Kom Beleef, Groei en Maak 'n Verskil!

Sondagprogram

09:00 (tydens die oggenddiens)
vir kinders van 18 maande tot Graad 6
in Communitas

REGISTRASIES

Registreer jou kind aanlyn deur die onderstaande vorm in te vul:

VRYWILLIGERS

Daar is baie maniere waarop jy kan deel wees van hierdie opwindende reis: Of dit as groepleier, mentor of organisator van klasse en aktiwiteite is, jou betrokkenheid maak 'n verskil. Ons werk ook hand-aan-hand met ouers om hulle toe te rus en te ondersteun in die ongelooflike taak om kinders te lei en groot te maak.
Wil jy opskryf as vrywilliger van ons
KompasKids-bediening?
Kliek op die knoppie en vul die vorm in:

ouerskap

Ons wil jou as ouer toerus met die nodige kennis en hulpbronne, wat jou sal help op jou reis as ouer.

Hou ons platforms dop vir meer inligting oor ons volgende ouerskapsessie/-kursus.

OOSTERLIG-APP

Laai die Oosterlig-App op jou foon af sodat jy na vorige ouerskapsessies/-kursusse kan luister onder ons media. Jy kan ook ons YouTube-kanaal besoek vir beskikbare materiaal.

Ontmoet die span

NC Müller

Gesinsbediening-Leraar

Cristelle Hatting

KompasKids-Koördineerder

Esmé Müller

KompasKids-Koördineerder:
Tjokkers & Kleuters

KONTAK ONS