Leraarspan
Word die beste weergawe van jouself.
Word deel van die avontuur
net soos jy is, word getransformeer,
maak 'n verskil.
personeel

Maria Motlhanthi
Hulpwerker: Skoonmaakdienste

Aletta Mhlanga
Hulpwerker: Skoonmaakdienste

Klaas Masilela
Hulpwerker: Fasiliteite & Terrein

Phillip Molekoa
Hulpwerker: Fasiliteite & Terrein

Fouché van Tonder
Evangelis

WIE IS ONS?
Waar het dit begin?

Oosterlig is 'n NG Gemeente in die Ooste van Pretoria wat in 1975 ontstaan het. As gevolg van die vinnige uitbreiding van die stad na die Ooste, het die naam van die begin van die gemeente 'n belangrike rol gespeel. Ons wil graag 'n baken van lig wees vir die Ooste van Pretoria.
Oosterlig het deur die jare 'n paar veranderinge ondergaan, maar ons fokus was altyd dieselfde: om mense volgelinge van Jesus Christus te maak.
Oosterlig het deur die jare 'n paar veranderinge ondergaan, maar ons fokus was altyd dieselfde: om mense volgelinge van Jesus Christus te maak.
Die uitbreiding van ons droom...

Deur die jare het ons op verskillende maniere probeer om ’n lig te wees. Ons het verskillende benaderings al gebruik, van Alpha na “Purpose Driven Life” tot by Infusion. Infusion is ’n geestelike groei- program wat deur Oosterlig se Leraarspan ontwikkel is. Die program is geskryf op ons DNA, net soos jy is, word getransformeer en maak ’n verskil.
Waarheen is ons op pad?

Maar ons is nog nie naby waar ons graag wil wees nie. Die nood is nog groot en daar is nog baie mense wat nie vir Jesus ken nie. Waar begin mens? Elkeen by hom- of haarself. Daarom wil ons graag hê dat elkeen in Oosterlig deur Infusion beweeg.
Ons bly steeds by dit waarom ons ontstaan het, om 'n baken van lig in die Ooste van Pretoria te wees. Wil jy graag die beste weergawe van jouself word? Word deel van die avontuur, net soos jy is, word getransformeer en maak 'n verskil.

WAT GLO ONS?

Kernoortuigings
Hier volg die kernoortuigings van Oosterlig gebaseer op die waarhede wat ons in die Bybel vind.
Al ons boodskappe, kursusse en bedieninge
is gegrond op hierdie Bybelse beginsels.
Al ons boodskappe, kursusse en bedieninge
is gegrond op hierdie Bybelse beginsels.

Daar is slegs een God wat vir ewig bestaan uit drie persone:
God die Vader, Jesus Christus die Seun en die Heilige Gees.
Hy is die Skepper van alles wat bestaan,
dit wat jy kan sien en dit wat jy nie kan sien nie,
en daarom is Hy waardig om geprys te word.
Die Here is perfek in liefde, krag, heiligheid, goedheid,
wysheid, geregtigheid en genade.
Hy is onveranderlik en daarom dieselfde
gister, vandag en môre.

God het Homself aan die mensdom deur Sy Seun Jesus Christus geopenbaar. Hy is die sigbare persoon van die onsigbare God,
die persoon waarna die Heilige Geskrifte en die skepping verwys.
die persoon waarna die Heilige Geskrifte en die skepping verwys.

Die mens, man en vrou, is geskep in die beeld van God, vir Sy glorie.

Toe Adam en Eva gekies het om nie God te gehoorsaam nie,
het drie verhoudings gebreek:
Die verhouding tussen God en die mens, die verhouding tussen mens en mens en die verhouding tussen mens en die natuur.
Ons leef tans steeds binne daardie
gebroke verhoudings.

Jesus Christus het gekom om hierdie drie verhoudings met homself te versoen. Hy het 'n lewe geleef
sonder sonde en vrywillig aan die kruis gesterf vir ons elkeen se gebrokenheid.
Hy het na drie dae opgestaan uit die dood en deur Sy genade kan almal wat Hom volg deel hê aan die ewige lewe. Daarom kan redding slegs deur
Jesus Christus plaasvind.

Die kerk is die sigbare liggaam van Christus, gestuur in die wêreld om die goeie nuus van Jesus te versprei en God te verheerlik.

God is die Een wat geskep het en steeds skep. Die mens is aangestel oor die skepping om toe te sien dat God se skepping nie
uitgebuit word nie.
uitgebuit word nie.
Word deel van ons storie
Word die beste weergawe van jouself.
Word deel van die avontuur net soos jy is, word getransformeer en maak 'n verskil.
Word deel van die avontuur net soos jy is, word getransformeer en maak 'n verskil.