VOLG ONS

AKKOMMODASIE

WERK

Korttermyn Versekering Bemarker 

Posbekrywing:
Korttermyn Versekering Bemarker
Pos is onmiddelik beskikbaar

Om aansoek te doen kontak:
Leon Niemann
0824944277
a.niemann@futur-e.co.za  

Legal Secretary 

Job Description:
We have a position available for a legal sectary at our law firm situated in Faerie Glen.

How to Apply:
Interested candidates submit their resume and cover letter to: Zinia Smalman
0723898930
zinia@smalman.co.za

ASSISTENT VERSORGer

Die behoefte bestaan vir ‘n assistent Huismoeder aanvullend tot die Bestuurder Inwoning by ‘n
sentrum vir volwassenes met verstandelike gestremdheid. ‘n Enkel dame wat bereid is om in te
woon by die sentrum. Akkommodasie vorm deel van die vergoedingspakket.

Die Sleutelverantwoordelikhede vir hierdie posisie:
  • Die algemene versorging van die gestremdes
  • Mediese versorging, noodhulp en verantwoordelike hantering van emosionele en fisiese situasies.
  • Die geestelike versorging van die gestremdes (huisgodsdiens, ens), fisiese en emosionele
  • beskerming, sosialisering en karakterontwikkeling.,
  • Assisteer die Bestuurder Inwoning met toesig en uitvoering van skoonmaakdiens en algemene higiëne, insluitend wasgoed.
  • Hanteer konstruktiewe vryetydsbesteding van deelnemers
  • Betrokkenheid by die Fondsinsamelingsprojekte en funksies
  • Vervoer van gestremdes
  • Kwalifikasies en ondervinding
  • Matriek sertifikaat (Graad 12)
  • ‘n Kwalifikasie en/of ondervinding in ‘n maatskaplike rigting sal ‘n sterk aanbeveling wees
  • Verkieslik vorige ondervinding met verstandelik gestremdes of soortgelyke blootstelling.
  • Beskik oor geldige kode 08 bestuurslisensie (verpligtend) of ‘n PDP.
  • Ten volle tweetalig (Afrikaans en Engels)
  • Moet inwoon in die sentrum se akkommodasie (verpligtend)

Ander vereistes:
Ons soek ‘n toegewyde Christen dame met ‘n passie vir gestremdes en hul behoeftes, wat goed kan kommunikeer en verhoudinge met wysheid kan bestuur, moeilike situasies met gestremdes kan hanteer, met empatie en deernis kan optree.
Moet emosioneel volwasse wees om moeilike situasies met medepersoneel, gestremdes en hul ouers/voogde te kan hanteer.
Afrikaans op eerste taal vlak.
‘n Energieke, passievolle persoon met inisiatief, die vermoë om te beplan, organiseer en
kook.
Assisteer met gewone huislike pligte en take
Gewillig om buitengewone ure te werk
Wysheid, baie geduld, deernis, vriendelikheid, ‘n oop gesindheid en aanpasbaarheid ‘n vereiste
Gesondheid moet sodanig wees om gereelde fisiese aktiwiteite met die gestremdes kan
doen (o.a. met hulle gaan stap).
Moet as ‘n spanspeler kan werk saam met die res van die personeel en kan rapporteer aan die
Bestuurder Inwoning sowel as die Algemene Bestuurder.
Geen kriminele rekord hê nie.

Dit is die taak van die personeel by die tehuis om in die behoeftes van die verstandelik gestremde
volwassenes te voorsien en vir hulle ‘n tuiste te skep waar hulle gelukkig, geborge en aanvaar
voel, terwyl daar met deernis omgesien word na hul fisiese en emosioneel welstand.

Stuur volledige CV plus onlangse foto aan onshuistrust@gmail.com
Aansoeke sluit op 4 April 2025

Het jy 'n geleentheid wat jy wil bekend maak?

Ons wil graag van jou hoor. Vul gerus die vorm hieronder in om die proses aan die gang te kry.