VOLG ONS

Welkom by oosterlig se
kleingroepe

Kleingroepe vorm ’n sentrale deel van ons gemeenskap. Dit is een van die beste plekke waar jy kan behoort en groei. Ons almal kort 'n gemeenskap wat inbou in ons lewens en ons help om te word wie ons werklik kan wees.

Kliek gerus op die video. Ons Kleingroep-Leraar, Mikal Barnes, deel meer inligting oor ons kleingroepe.

kOM NET SOOS JY IS

Verder verseker Ek julle:
As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid,
sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry,
want waar twee of drie in my Naam saam is,
daar is Ek by hulle.

Matteus 18:19-20

Kleingroepe help mense groei in hulle geloof en bou gemeenskap.
Ons kleingroepe kom op verskillende tye en in verskillende areas bymekaar.
Kom kuier gerus saam!

HOE WERK DIT?

Kleingroepe

Kleingroepe is die hartklop van ons gemeente – dit is waar 'n groot geloofsgemeenskap klein en persoonlik word. Dis ’n plek waar mense mekaar regtig leer ken, saam lag, saam bid, en saam worstel met die dinge van die lewe en geloof. Elke week kom ons in huise of aanlyn bymekaar in kleiner groepe om die kleingroepmateriaal verder te verken, eerlik te gesels en geestelik saam te groei. Dis nie net 'n geselsgroep nie – dis ’n geestelike reisgenote-kultuur waar jy nie net jou Bybel oopmaak nie, maar ook jou lewe. 'n Kleingroep is 'n spasie waar jy kan behoort, voordat jy alles verstaan of alles regkry. Hier bou ons mekaar op, dra mekaar se laste, en herinner mekaar week na week: jy is nie alleen nie.

Kleingroepleiers

Om 'n kleingroepleier te wees, is nie net nog 'n rol nie. Dit is ’n geleentheid vir jou om jou lewe oop te maak sodat ander Jesus daardeur kan sien.
As kleingroepleier bring jy ook verskillende mense bymekaar om as geloofsgemeenskap saam te groei.

Ons kleingroepleiers skep nie net ruimte in hulle huise nie, maar in hulle harte – vir mense om veilig te voel, geselskap te vind, waarheid te ontdek en in geloof te groei. Jy lei nie omdat jy alles weet nie, maar omdat jy bereid is om saam te soek, saam te leer, en saam lief te hê. Prakties beteken dit dat jy ’n ruimte voorsien waar julle saam kan kyk na die kleingroepmateriaal en dit kan bespreek – of dit nou op ’n TV, rekenaar of selfoon is.

Geestelik beteken dit dat jy 'n atmosfeer kweek waar die Woord lewendig word, en waar mense mekaar dra. Dit is ’n heilige verantwoordelikheid – en een waarin God jou sal toerus, gebruik en verdiep.

Wil jy 'n kleingroepleier word?

Kleingroepmateriaal

Oosterlig se leraarspan neem elke
kwartaal kleingroepmateriaal
(in video-formaat) op,
wat julle as kleingroep kan gebruik
op jul geloofsreis saam as
kleingroeplede.

Die video bestaan uit 'n bespreking van Bybelteks, waar 'n leraar ook vrae aan die groep rig om saam te bespreek.

YouTube-Speellys

Wil jy deel word van 'n kleingroep?

Vul asb die vorm hieronder in.