VOLG ONS

Word deel van die avontuur, net soos jy is.

Die fokus van ons eredienste is ‘n ware ontmoeting met die Leier van ons lewens en die Vergewer van ons sondes - Jesus Christus. Die Here stap 'n besondere diep pad met ons elkeen en met ons as gemeenskap in geheel, daarom vorm lofprysing en aanbidding 'n groot deel van ons eredienste, waar ons draai na Hom wat alle eer toekom. Ons Leraars deel elke Sondag 'n boodskap wat nie net uit losstaande gedagtes bestaan nie, maar waar ons diep nadink oor die lewe van Jesus en Sy uitnodiging aan ons elkeen. Ons as gemeente reis nou al vir die afgelope drie jaar deur Matteus en groei so ook nader aan God se skepping, nader aan mekaar, maar bo dit alles, nader aan Hom wat vir ons wys hoe om die lig te wees.

Ons nooi jou om te kom net soos jy is. Word getransformeer en maak 'n verskil oral waar jy gaan.

Eredienstye

Aanlyn-Erediens | Sondag 15 September om 09:00 met Mikal Barnes

Vorige reeks:
Dit is Eindtyd!

FAQS

Waar kan ek die aanlyn-erediens kry?
  • Kliek hier vir die 09:00-erediens:
https://www.youtube.com/watch?v=lejXSZ_UAAU

Ek kliek op die skakel, maar die erediens is nog nie daar nie?
Die erediens sal eers Sondag vanaf 09:00 beskikbaar wees.

Hoe maak ek die skerm op YouTube groter?
Kliek op die vierkantraam regs onder op die video.
Die video sal dan jou skerm vol maak.

Kan ek die erediens download?
Ongelukkig nie, maar jy kan wel die audio op die
Oosterlig-app download.
Hoeveel data gaan ek nodig hê?
720p HD - 850mb per uur
480p SD - 500mb per uur
240p SD lae-kwaliteit - 250mb per uur

Tot wanneer sal die erediens beskikbaar wees?
Die erediens sal vandat hy uitgesaai is, altyd onder die
Boodskappe-speellys op YouTube beskikbaar wees.

Is daar Sondag slegs een live-erediens?
Ja, en hierdie erediens is dan na die uitsending op ons YouTube-kanaal beskikbaar.

Gaan die erediens op die app beskikbaar wees?
Ja, die erediens se skakel is onder Aanlyn-erediens beskikbaar
nadat die diens aanlyn uitgesaai is.
Die diens word ook in audio-formaat op die Oosterlig-app gelaai.

Kom jy nie reg nie?

Ons wil jou graag help