VOLG ONS

Gesinsbediening

Maar Jesus het gesê: “Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie ..."

Mattheus 19:14

Ons wil graag elke kind – in alle ouderdomsfases – laat deelneem aan ‘n opwindende Bybelreis om te ervaar hoe God se storie ook sy/haar storie ontmoet. Jy kan hiermee help deur as groepleier, mentor en organiseerder (vir kampe en uitreike) op te tree. Ons wil ook graag met ouers hande vat en hulle toerus vir hulle grootste taak. In die gesinsbediening fokus ons op die verskillende fases van ons kinders se lewe.
Tydens die eerste oggenddiens, 08:15, kom kinders van 18 maande tot Gr 6 in Communitas en die Spesiale Behoefte Bediening in Caritas bymekaar.
Die tieners, Gr 7 - 11 woon saam die aanddiens by waarna hulle na hulle verskillende pelgroepe gaan.

"There can be no keener revelation of a society’s soul than the way in which it treats its children."

Nelson Mandela

Spesiale Behoefte Bediening

Oosterlig droom dat elke gesin met spesiale kinders tuiskom in die gemeente.  Daarom het ons ‘n Sondagskool (Kompas kids) vir ons spesiale maats tydens  die eerste oggenddiens, sodat pappas en/of mammas weer gemaklik eredienste kan bywoon.  Ons beplan verskillende klassies vir kinders met verskillende behoeftes.  Ons maats gaan elke Sondag saam met die gemeente worship, saam verhale in die Bybel ontdek, asook speels-kreatief besig wees. Tydens die Special needs Kompas kids beplan ons ‘n Recharge-kuier- spasie vir die spesiale kinders se ander boeties en sussies. ‘n Plekkie waar hierdie helde kan ontspan, bederf word, gesels oor die uitdagings van special needs siblings en sommer net rus. Die bediening word bestuur deur ouers van Special needs kids, arbeidsterapeute, asook Oosterlig se Gesinsbedieningspan.

Ontmoet die Gesinsbedieningspan

Anton Badenhorst

Gesinsbediening Leraar
082 780 1408

Rehani Leiding

Kleuters: 5 - 6 jaar
082 510 7312

Cristelle Hatting

Juniors: Graad 1 - 6
012 993 5437

Johan Schoeman

Kiddie Band
072 544 4612

Ivor Swartz

 

Tiener Leraar
073 687 6069
 

Henry Joubert

 

Spesiale Behoefte Bediening
083 255 1222
 

Sondagskooltye

08:15

Juniors: 18 maande - Gr 6
Spesiale Behoefte Bediening

18:45 

Tieners: Gr 7 - Gr 11

Kontak ons

Ons hoor graag van jou. Vul asb. die onderstaande vorm in om te begin.