VOLG ONS

GESINSBEDIENING

“Wag! Moenie die kindertjies wegjaag nie.
Laat hulle na My toe kom.
God se nuwe wêreld is juis vir almal soos hulle bedoel."

Matteus 19:14

Ons wil graag elke kind – in alle ouderdomsfases – laat deelneem aan ‘n opwindende Bybelreis om te ervaar hoe God se storie ook sy/haar storie ontmoet.
Jy kan hiermee help deur as groepleier, mentor en organiseerder (vir kampe en uitreike) op te tree.
Ons wil ook graag met ouers hande vat en hulle toerus vir hulle grootste taak.
In die gesinsbediening fokus ons op die verskillende fases van ons kinders se lewens.

KOMPASKIDS

9:00 (tydens die oggenddiens)
vir kinders van 18 maande tot Graad 6
in Communitas

LIGHUIS

17:30 (tydens die aanddiens)
vir tieners van Graad 7 tot Graad 11
in Communitas
Registreer jou kind aanlyn deur die onderstaande vorm in te vul
Wil jy opskryf as vrywilliger van ons KompasKids-bediening?
Click op die knoppie en vul die vorm in:

Gesinsbediening Geleenthede

LIGHUIS (OUERS) FIRST THURSDAY PRAYERS

Is jy 'n tienerouer en wil graag aktief besig raak met gebed vir ons Jeug?

Lighuis het met ‘n inisiatief begin met die naam First Thursday Prayers, waar tienerouers bymekaarkom vir gebedsessies.
Hierdie sessies vind elke eerste Donderdag van ‘n maand vanaf 6:30pm - 7:15pm in Caritas 1 plaas.
Ouers wat saam wil intree vir ons jeug is welkom - ons bid vir en oor ons tieners!

Sondagprogram

KONTAK ONS

Ontmoet die span

NC Müller

Gesinsbediening-Leraar

Cristelle Hatting

KompasKids-Koördineerder

Ivor Swartz

Tienerbediening-Leraar