Ons storie

Hoe dit alles begin het...

Oosterlig is 'n NG Gemeente in die Ooste van Pretoria wat in 1975 ontstaan het. As gevolg van die vinnige uitbreiding van die stad na die Ooste, het die naam van die begin van die gemeente 'n belangrike rol gespeel. Ons wil graag 'n baken van lig wees vir die Ooste van Pretoria.

Oosterlig het deur die jare 'n paar veranderinge ondergaan, maar ons fokus was altyd dieselfde: om mense volgelinge van Jesus Christus te maak.

Die uitbreiding van ons droom...

Deur die jare het ons op verskillende maniere probeer om ’n lig te wees. Ons het verskillende benaderings al gebruik, van Alpha na “Purpose Driven Life” tot by Infusion. Infusion is ’n geestelike groei- program wat deur Oosterlig se Leraarspan ontwikkel is. Die program is geskryf op ons DNA, net soos jy is, word getransformeer en maak ’n verskil.

Waarheen is ons oppad...

Maar ons is nog nie naby waar ons graag wil wees nie. Die nood is nog groot en daar is nog baie mense wat nie vir Jesus ken nie. Waar begin mens? Elkeen by hom- of haarself. Daarom wil ons graag hê dat elkeen in Oosterlig deur Infusion beweeg.

Ons bly steeds by dit waarom ons ontstaan het, om 'n baken van lig in die Ooste van Pretoria te wees. Wil jy graag die beste weergawe van jouself word? Word deel van die avontuur, net soos jy is, word getransformeer en maak 'n verskil.

Word deel van ons storie...

Kom woon 'n erediens hierdie Sondag by. 

Word die beste weergawe van jouself.
Word deel van die avontuur net soos jy is, word getransformeer, maak 'n verskil.