MAAK 'N VERSKIL
GELEENTHEDE

LYFSKUIF WOENSDAG

Ons hou elke maand 'n LYFSKUIF Woensdag wat jy saam met ons span kan bywoon. Op hierdie Woensdae doen ons verskeie gemeenskapsprojekte saam met die verskillende organisasies waarmee ons hande vat om in ons omgewing 'n verskil te maak. Hierdie projekte bestaan uit onder andere: Potholes regmaak, PEN-kuiers waar ons fisiese behoeftes aan onbevoorregte gemeenskappe skenk/uitdeel, blanket- en skryfbehoefte drives, en ander!
LEER LEES PROJEK

Partykeer vat dit net een klein daad om 'n massiewe verskil in iemand se lewe te maak. Ons spandeer elke tweede Saterdag van elke maand 'n bietjie tyd saam met kinders uit verskillende onbevoorregte agtergronde, waar ons help met die verbetering van hul leesvaardighede - maar bo dit alles is dit 'n tyd van aandag en liefde gee - twee dinge waarna elke liewe kind smag.
Wil jy ons help om 'n kind te leer lees?
Join ons vir ons volgende Leer Lees-oggend en kom maak saam met ons 'n verskil! Jy hoef nie 'n gekwalifiseerde onderwyser te wees nie.
Wil jy ons help om 'n kind te leer lees?
Join ons vir ons volgende Leer Lees-oggend en kom maak saam met ons 'n verskil! Jy hoef nie 'n gekwalifiseerde onderwyser te wees nie.
NTWANANO EENHEID

Ntwanano beteken eenheid.
As Maak 'n Verskil-span reël ons byeenkomste waar jy die geleentheid kry om 'n bietjie meer te leer oor ander kulture en agtergronde. Ons het byvoorbeeld al 'n Ntwanano Rugbydag én 'n Ntwanano Sokkerdag gehad. Hierdie byeenkomste vind gewoonlik op Saterdae plaas saam met ons Dialoog- en Tembisa-vriende.
Hou ons Maak 'n Verskil-blad dop vir meer inligting oor ons volgende byeenkoms!

Borg 'n Bok
projek

Ons vra jaarliks dat ons gemeentelede wat graag jag dit oorweeg om 'n bok te borg ter ondersteuning van ons voedselverspreidingsprojekte.
Hoe werk dit?
Laai jou skenking by enige slaghuis van jou keuse af en vul asseblief die vorm hieronder in. Ons sal die skenking se verwerking en afhaal verder hanteer.
Hoe werk dit?
Laai jou skenking by enige slaghuis van jou keuse af en vul asseblief die vorm hieronder in. Ons sal die skenking se verwerking en afhaal verder hanteer.
TABERNACLE (COGIC)
IN TEMBISA

Tabernacle is 'n kerk wat deelvorm van ons geloofsfamilie in Tembisa. Ons vat gereeld hande met Tabernacle om hul as kerk in hul onmiddelike omgewing te bemagtig. Ons kuier ook gereeld saam deur geleenthede soos braai-dae, sleepovers, ensomeer.
Skuif jou lyf en leer ken mense wat anders as jy lyk, dink en leef.
Skuif jou lyf en leer ken mense wat anders as jy lyk, dink en leef.
Tembisa
kersprojek

Ons vat ook jaarliks saam met Tabernacle (COGIC) hande om die kinders in hul gemeenskap in die Kersseisoen te bederf. Ons het byvoorbeeld oor die 2000 pare skoolskoene ingesamel in 2024, en het in 2023 speelgoed aan die gemeente geskenk (iets wat die kinders in Tembisa nie sommer kan bekostig nie).
Dankie aan elkeen wat elke jaar help om ons Tembisa Kersprojek 'n groot sukses te maak!
Dankie aan elkeen wat elke jaar help om ons Tembisa Kersprojek 'n groot sukses te maak!

MAAK 'N VERSKIL
MET JOU KUNDIGHEID
Ons elkeen wil graag 'n verskil maak, maar weet nie altyd hoe of waar om te begin nie. Jy kan help deur om jou eie kundigheid beskikbaar te stel.
Vul asseblief die onderstaande vorm in en ons sal jou kontak om die proses aan die gang te kry: