VOLG ONS

Tembisa Kersprojek

Dit is weer tyd vir ons jaarlikse Kersprojek saam met Tembisa se Tabernacle (Church of God in Christ)!
👉 Hierdie jaar gaan ons vir die kids bederf met speelgoed (iets wat kinders in hierdie gemeenskap nie sommer kan bekostig nie)
👉 Die waarde van die geskenk kan R100-R300 wees
👉 Kies tussen 'n seun of dogter en ouderdomsgroep: 2-5, 6-11, 11-14
👉 Moet asb nie items wat kan smelt, bederf of uitloop in die geskenk insluit nie
👉 Draai asseblief die pakkie mooi toe in geskenkpapier en merk die ouderdomsgroep en geslag duidelik
👉 Die geskenke kan tot en met 15 Desember voor of na 'n erediens by die toonbank afgelewer word