VOLG ONS

MAAK 'N VERSKIL
VENNOOT ORGANISASIES

PEN

'n Inklusiewe, geloofsgebaseerde organisasie wat individue help om die armoedesiklus te ontsnap om 'n
Suid-Afrika te bou waar almal behoort. Hulle werk in 5 gebiede regoor Pretoria.


Hier gebruik hulle 'n holistiese benadering gebaseer op vyf sleutel impak-areas:
Fisiese Welstand, Emosionele Welstand, Geestelike Welstand, Beroepswelstand en Gemeenskap. 

Oosterlig help PEN elke jaar om oor die 80 000 te bedien.
Verder neem ons elke jaar deel aan PEN se Winter-Hoop projek deur om komberse te skenk.
Ons borg ook elke jaar meer as 30 kinders om studiekampe by te woon.

SUIKERBEKKIES

'n Vroeë Kinderontwikkelingsentrum vir 2-6 jariges in Nantes Eersterust.

Die gebied word geteister deur dwelm- en alkoholgebruik en meer dikwels as nie, is dit die kinders wat ly aan die gevolge hiervan.
Die skool het in 2001 begin as 'n manier om hierdie kinders gelyke geleenthede te gee om 'n holistiese program te ontvang om hulle voor te berei vir skool.

Die skool maak tans voorsiening vir 145 verwaarloosde, wees-gelate, mishandelde en kwesbare kinders wat nie die geleentheid sou kry om andersins te leer nie.
Die meerderheid van die ouers kan nie skoolfondse bekostig nie, dus is die skool afhanklik van skenkings.

Oosterlig verskaf maandelikse kosskenkings.
Klere, speelgoed en boeke word ook uitgedeel om soos benodig deur die skool vir behoeftige gesinne of opvoedkundige doeleindes gebruik te word.

BESIGE OUMAS

Die NG Gemeente in Daspoort het ‘n nood in die skole raakgesien, waar verskeie kinders wat hier skole bywoon, sonder kos opdaag weens moeilike huishoudelike omstandighede.
As 'n gevolg hiervan het die Besige Oumas ontstaan.

Hulle voorsien elke Maandag toebroodjies aan Hermanstad Laerskool en Hercules Hoërskool (‘n totaal van 283 kinders).

Op Vrydae voorsien hulle aan die skole verskillende tipes gekookte kos. Mieliemeel word ook verskaf aan die skole om self pap te maak.

Vanaf 2021 is daar tussen 4 en 6 gesinne uit die gemeenskap geïdentifiseer waarvoor kospakkies op 'n maandelikse basis voorsien word.

Daar word gereeld opgevolg om aan te pas by die behoeftes van die mense wat deur Besige Oumas bedien word.

Kontak vir Driena Meiring om by hierdie projek betrokke te raak:
064 979 6574

Paul Jungnickel

'n Tehuis vir 140 volwasse inwoners (18-59 jaar oud) en 25 senior inwoners (60+) met verskillende gestremdhede.

Hulle assesseer die potensiaal van elke individu in die tehuis en probeer hul uiterste bes om stimulerende aktiwiteite en die nodige sorg aan hierdie individue te verskaf.

Hulle gee om na die mediese, sosiale, emosionele en fisiese behoeftes van elke inwoner en verseker dat die inwoners toegang het tot 24-uur mediese sorg en drie maaltye per dag.

Inwoners word ook daagliks na mediese afsprake vervoer.

'n Maatskaplike werker is beskikbaar om in elke inwoner se psigososiale behoeftes te voorsien.

Kungwini ECDC 

'n Vroeë Kinderontwikkelingsentrum

By Kungwini ECDC glo hulle in die belangrikheid van onderwys. Soos oudpresident Nelson Mandela gesê het, "Onderwys is die kragtigste wapen wat jy kan gebruik om die wêreld te verander".

Hierdie oortuiging het gedien as die inspirasie om die leersentrum in Zwavelpoort te stig. Die skool maak voorsiening vir 50 voorskoolse kinders. Hierdie diens word gelewer aan kinders wie se ouers nie konvensionele voorskoolse fooie kan bekostig nie.

Elke kind kry die geleentheid om vyf dae per week skool by te woon en twee maaltye per dag te ontvang.

Die onderwysers is ook vroue in die gemeenskap wat voorheen werkloos was. Kungwini ECDC bied opleiding aan en bied aan hierdie onderwysers die geleentheid om hul NQF4-kwalifikasie by 'n onderwyskollege te verwerf.

ELEOS

Mercy in action...

Eleos glo daarin om ‘n gemeenskap te bemagtig om hulself te help.

Hulle streef daarna om
aandag te gee aan die fisieke, emosionele en geestelike behoeftes en welstand van die behoeftige gemeenskap in Pretoria-Wes.

Die hoofdoel van Eleos is om minderbevoorregte kinders en hul gesinne te versorg en te help deur vroeë ingryping en deur maatskaplike ontwikkelingsprogramme te fasiliteer.
Al Eleos se aktiwiteite en werkswinkels is daarop gerig om die nodige vaardighede, gereedskap en vertroue te bied om verandering en ‘n beter toekoms te implementeer.

OEBOENTOE

Oeboentoe bied sedert 1994 'n veilige, liefdevolle skuiling vir verwaarloosde en getraumatiseerde kinders tussen die ouderdom van 0 en 18.

Die huisouers, Cawood en Erica Kelbrick en hul vier kinders, vorm die raamwerk vir verskeie welsynsorganisasies en kinderbeskerming.

Eenhede van die SAPD plaas kinders hier vir ongespesifiseerde tydperke.
Hier word die kinders nie net fisies versorg nie, maar hulle word ook geestelik en emosioneel ondersteun deur die huisouers en word bygestaan deur verskeie individue wat op 'n gereelde basis by die organisasie betrokke is.
Hulle word ook beskerm teen verdere blootstelling aan fisiese, seksuele en emosionele mishandeling en verwaarlosing, totdat die Jeughof se ondersoek afgehandel is.

Die Oeboentoe Huis het 'n huis geword en sorg gebied vir ongeveer 310 kinders oor die afgelope jare, soms binne baie moeilike omstandighede.

KINDERWELSYN tshwane

Kinderwelsyn Tshwane is 'n nie-winsgewende Kinderbeskermingsorganisasie wat in die groter Tshwane-area werk. Hulle beskerm en sorg vir mishandelde, verwaarloosde en verlate babas en kinders. Die fokus lê sterk op gesinsbewaring as 'n voorkomende strategie vir kinderbeskerming. Kinderwelsyn Tshwane het maklik toeganklike gemeenskapsdienspunte wat in Atteridgeville, Centurion, Elandspoort, Mamelodi-Wes, Sunnyside en Arcadia geleë is.

HUIS BENJAMIN

Huis Benjamin is ‘n plek van veiligheid waar maksimum 6 kinders vanaf 3 jaar tot 12 jaar geplaas word. Die kinders wat in Huis Benjamin geplaas word is oor die algemeen kinders wat erg getraumatiseer is as gevolg van die trauma waaraan hulle in hu ouers of
versorgers se sorg blootgestel is.
Hierdie kinders kort dikwels terapie.

Die meeste van die ouers van die kinders het alkohol- en dwelm afhanklikheids probleme en as gevolg daarvan is hulle werkloos, hulle behuisingsomstandighede is nie
geskik vir kinders nie en hulle is fisies en emosioneel nie daartoe in staat om die kinders te versorg nie.

Gesinsgeweld kom ook gereeld binne hierdie huishoudings voor. Kinders kan fisies, emosioneel en seksueel deur verslaafde ouers of versorgers mishandel word.

Die nood binne die gemeenskappe in CMR Gauteng-Oos vir die plasing van
kinders in 'n plek van veiligheid is baie groot. Kindermishandeling en kinderverwaarlosing neem toe in gemeenskappe as gevolg van ontoereikende ouers, gesinsgeweld tussen ouers en ouers met alkohol en dwelmafhanklikheids probleme.
Baie kinders vanuit die CMR
kantore van veral Bronkhorstspruit, Cullinan en Silverton word op ‘n gereelde basis in Huis Benjamin geplaas.

GROEI GOGGAS

Groei Goggas is ‘n Christelik-gebaseerde Afrikaanse kleuterskool vir Graad RRR en Graad RR kleuters.
Hierdie kinderontwikkelingsentrum is in die Weste van Pretoria, Danville (tans in LIG Kinderbediening se
fasiliteite) geleë.
Groei Goggas bedien 30 Kleuters van 4 – 5 jaar, asook hul gesinne.
Hierdie kleuters kry twee keer per dag ‘n ete (ontbyt en middagete).
Oosterlig gee maandeliks kosvoorraad vir Groei Goggas wat hoofsaaklik vir die kleuters se daaglikse etes aangewend word. Hierdie voorraad dra ook by tot kospakkie-verspreiding aan die gesinne van die kleuters.

ONS HUIS

Ons Huis skep ‘n veilige tuiste en werksomgewing vir volwasse verstandelik gestremdes wat nie in die hoofstroom sosiale omgewing geïntegreer kan word nie. Ons Huis help hierdie individue om in te pas deur om hulle menswaardigheid te erken en te respekteer, hulle te stimuleer, asook om hulle sosiaal en emosioneel geborge te laat voel.

CMR

CMR Gauteng-Oos is 'n geregistreerde nie-winsgewende Christelike organisasie wat bestaan uit 'n toegewyde professionele netwerk van maatskaplikewerkpersoneel.
CMR gee om met deernis en gee hoop aan bedroefde gesinne en kinders.
Hierdie organisasie streef uiteindelik daarna om gemeenskappe te bemagtig om gelukkige en tevrede gesinne te ontwikkel.
Daar is 14 CMR-spreekkamers in die oostelike voorstede van Gauteng en in die Johannesburg-omgewing.

REDDINGSDAAD

Reddingsdaad is 'n welsyn organisasie wat die gemeenskap in Pretoria-Wes help (nou al vir meer as 35 jaar). Wendy huise word verskaf vir bejaardes wat net SASSA gelde inkry en nie fondse of familielede het om selfstandig te kan wees en leef nie. Hier kry hulle geleentheid om deel te neem in die gemeenskap, toegang aan mediese hulp en daaglikse gekookte kos. Hulle lei ook mense op in verskeie areas byvoorbeeld kosmaak, naels doen en naaldwerk, om sodoende die gemeenskap op te bou.

Wil jy graag betrokke raak
en 'n verskil maak?

Vul  gerus die vorm in om die proses aan die gang te kry.