VOLG ONS

Maak 'n verskil
Sendelinge

Trevor Matthews

My naam is Trevor Matthews. Ek word 50 die jaar en is al vir 25 jaar met my vrou Karin getroud. Ons is geseënd met 2 kids, Nicole en Will.

Ek is al sedert 2010 in voltydse sending, waar ek reg oor die wêreld die evangelie gaan verkondig het maar met 'n meer gefokusde roeping vir Botswana, waar ek toevallig ook groot geword het.

Ons is onderdanig aan Every Nation, wat 'n wêreldwye kerkbeweging is. Every Nation fokus op evangelisasie en dissipelskap deur kerke te plant, veral onder die volgende generasie.  Daar is dus ook 'n sterk fokus op kampus bediening: "Change the campus, change the world".

Ek het 'n passie vir "rural ministry" in die dorpe van Botswana, maar natuurlik dryf dit my om die evangelie te deel waar okal ons is....of dit nou in die plaaslike Checkers is, op straat, of êrens in die wêreld. Ons is besig om ons  papierwerk in plek te kry om permanent Botswana toe te trek, maar in die tussen tyd doen ons gereelde uitreike daarheen.

Philip en Maryke Pretorius

Philip, Maryke, Noah en Nathan Pretorius

In 2019 het God vir Philip en Maryke geroep om dissipels te gaan maak, leiers op te rig, en kerke te plant, in Nederland.

Sedertdien, het hulle 'n gesonde en groeiende kerk in Utrecht geplant, bekend as Every Nation Utrecht, wat hulle nou saam met 'n lokale ouderlingspan lei. Hulle is ook baie opgewonde oor 'n nuwe kerk plant in Eindhoven, waaroor hulle tans toesig hou. 

Oortuig dat die evangelie die grootste gawe is wat gedeel kan word, het hulle 'n visie om dissipelmakende-kerke in elke stad van Nederland te plant, tot eer van God.

Sendeling onder moslems

As gevolg van die geweld teenoor Christene in dié Afrika-land het die sendeling gevra dat ons nie sy naam of die spesifieke streek waar hy bly noem nie.

Hy is deel van ‘n span wat in die “Hoorn van Afrika” die koninkryk van God bou. Hulle doel is om  besighede te vestig wat ‘n sterk fokus op die transformerende krag van die evangelie het. Hy lewe elke dag onder die Moslems en bou persoonlike verhoudings en maak ook  gesprekke oop oor die koninkryk van God.

Wil jy graag betrokke raak
en 'n verskil maak?

Vul  gerus die vorm in om die proses aan die gang te kry.