VOLG ONS

VOEDSELVERSPREIDING

WAARNA HONGER JY?

Suid-Afrika se armoede is een van ons grootste uitdagings en het 'n massiewe impak op die lewenskwaliteit van 'n groot deel van ons land.

As geloofsfamilie poog ons om 'n verskil te maak in ons gemeenskap deur middel van ons voedselverspreidingsprojekte. Kyk gerus die video (regs) vir meer inligting.

MAAK 'N VERSKIL NUUS

GOEIE NUUS, BEELD

Stephan Joubert skryf die volgende oor ons Ntwanano Rugbydag in 2023 saam met ons geloofsfamilie in Tembisa, Tabernacle (Church of God in Christ):

EVANGELIE GEBEUR OP LOFTUS, SOCCER CITY

"Kom ons wees net 'n slag die antwoord op ons eie gebede." - Stephan Joubert

NOG NUUS!!!

EENHEID OP DIE SOKKERVELD

VAN GATVOL TOT GAT_VOL SAAM MET BETEREINDERS

TEMBISA SLEEPOVER

Ons het in Tembisa gaan oorslaap oor die naweek van 16 September 2023 saam met ons geloofsfamilie in Tembisa (Tabernacle: Church of God in Christ).

Kliek op die video (regs) vir meer oor dié spesiale belewenis!

KOMBERSE VIR DIE WINTER

SAAM MET PEN

Ons is jaarliks deel van PEN se Winter-Hoop projek, waar ons 'n klompie komberse insamel en dan by PEN gaan ingee, om 'n verskil te maak gedurende die koue winterseisoen.

Wanneer ons die komberse gaan ingee, is dit nie net 'n vinnige "aflaai-en-exit" nie. Ons kuier saam met PEN se gemeenskap met die doel om intensioneel verhoudings te bou met mense wat stories het om te vertel - stories van hoop.

Kyk gerus na die video (links) vir meer oor hierdie ongelooflike organisasie.

VERSOENINGSDAG

SAAM MET BETEREINDERS & TABERNACLE (COGIC)

Ons het Maandag 16 Desember by ons Tabernacle-vriende in Tembisa gaan kuier, waar ons ook oor die 2000 pare skoolskoene wat ons vir ons Tembisa Kersprojek ingesamel het, afgelaai het. Dankie aan elkeen betrokke. Dit was 'n dag wat geeneen ooit kan vergeet nie.

Ons besoek elke Kersseisoen ons familie in Tembisa vir 'n tyd van gee, kuier, lekker eet en leer bymekaar.

Hou hierdie blad dop vir meer inligting oor ons volgende geleentheid.

Wil jy graag betrokke raak
en 'n verskil maak?

Vul  gerus die vorm in om die proses aan die gang te kry.