ODOS Lesse

Hoe dit werk!
1. Voorbereide leeswerk vir die ouer:
2. Hulpmiddels vir aanbieding van les:
3. Lesinhoud:
4. Vragies vir slim oortjies:
5. Plakkers/Kaartwerk/Tydlyn/Kaartjies:
6. Besprekingspunte:
- Hierdie aktiwiteit is voor die hand liggend. Lees dit asseblief deur, dis gewoonlik nie baie lank nie, want behalwe dat dit jou die agtergrond van die verhaal gee. Gee dit jou ook ‘n kans om geestelik voor te berei vir die les.
2. Hulpmiddels vir aanbieding van les:
- Met een oogopslag kan jy sien wat jy nodig het, wat jy in die huis het en waarvoor jy definitief nie gaan kans kry nie!
3. Lesinhoud:
- Hier vertel jy ‘n storie! Die feite is almal absoluut korrek, maar ‘n baie hartseer gehuil en gesnik, ‘n vreeslike gesug en ‘n baie opgewekte stem, het nog nooit afbreek aan ‘n goeie storie gedoen nie.
4. Vragies vir slim oortjies:
- Hierdie is MAKLIKE vragies en die eerste troefkaart vir omkoop. Jy kan dit ook tydens die kreatiewe aktiwiteit vra sodat jy hulle aandag heeltyd fokus.
5. Plakkers/Kaartwerk/Tydlyn/Kaartjies:
- Ignoreer vir nou.
6. Besprekingspunte:
- Hierdie is meer in diepte vragies. As jy genoeg tyd het, kan jy aandag hieraan spandeer.
7. Lewensles:
8. Ons gebed vir vandag:
9. Idees vir vet pret:
10. Kreatiewe aktiwiteit:
11. Vers vir die week:
12. Net vir die lekker:
- Die essensie van elke les word in een sin vasgevang.
8. Ons gebed vir vandag:
- ‘n Gebed aan die begin of einde van die les kry gewoonlik die groep rustig en in die regte stemming. Moedig ook jou kind/ers aan om saam hulle eie gebedjie te bid.
9. Idees vir vet pret:
- Elke kind wil iets lekkers eet en pas maar natuurlik aan vir die allergieë.
10. Kreatiewe aktiwiteit:
- Hierdie is by ons jonger maats dikwels die essensie van die les. Elke aktiwiteit pas by die tema van die les.
11. Vers vir die week:
- Sê die vers ‘n paar keer hardop saam op. Wys en verduidelik sommer ook vir hulle waar in die Bybel die versie is wat hulle opsê.
12. Net vir die lekker:
- Hierdie is ‘n ken-mekaar aktiwiteit of speletjie. Julle kan dit aan die begin of einde van die les speel en is ook ‘n lekker manier om hulle ‘n bietjie besig te hou.
Kontak vir Cristelle by cristelle@oosterlig.co.za indien jy enige vrae het
Kategese
Al die lesse word hieronder in groepe uiteengesit.

Die grendeltyd waarin ons tans verkeer, is geen grap nie. Dit is veral moeilik op jong kinders wat nie die situasie mooi verstaan nie en ook oorloop van energie wat hulle nie meer by die skool en op die speelgrond van ontslae kan raak nie.
Ouers moet terselfdertyd van die huis af probeer werk en die jongklomp besig hou, verkieslik met aktiwiteite waar hulle in die proses ook iets kan leer.
Ouers moet terselfdertyd van die huis af probeer werk en die jongklomp besig hou, verkieslik met aktiwiteite waar hulle in die proses ook iets kan leer.
Die Bybelgenootskap se Bybelgebaseerde geletterdheidsmateriaal is beslis een so ’n onderrighulpmiddel wat tuisonderrig kan vergemaklik.
Die derde boekie in hierdie stel, My 3de Bybel Doen en Leer Boek, is onlangs bekendgestel. Die boekies is in al 11 amptelike tale beskikbaar en bevat Bybelstories asook inkleurprente en aktiwiteite wat wiskunde asook lees- en skryfwerk sal bevoordeel.
Al drie die boekies is by Bybelgenootskap se aanlynwinkel te koop. Gaan gerus na die volgende skakel - https://shop.biblesociety.co.za/browse/category/18/publisher/all/index