Wat kan gebeur wanneer gelowiges
regoor Suid-Afrika vir 50 dae saam bid?
Oosterlig neem van 14 September tot 3 November deel aan City Connect 2026 se 50 Dae van Gebed:
’n landswye gebedsinisiatief wat Christene uitnooi om in ’n belangrike tyd vir ons land saam te staan in gebed.
Vir 50 dae word ons genooi om doelbewus voor God stil te word:
om te bid vir Suid-Afrika, ons gemeenskappe, ons leiers en die toekoms van ons land,
maar ook om ons eie harte voor Hom te ondersoek.
Dit gaan nie bloot oor wat ons graag in Suid-Afrika wil sien verander nie.
Dit begin by die vraag:
Here, wat wil U in óns verander?

Waarom 50 dae?
Die 50 Dae van Gebed is saamgestel om gelowiges regoor Suid-Afrika
te help om met eenheid, fokus en volharding te bid.
Duidelike gebedsriglyne maak dit maklik om elke dag deel te neem.
Jy hoef nie ’n ervare voorbidder te wees of ure opsy te sit nie.
Die uitnodiging is eenvoudig: maak elke dag ruimte vir gebed.
Bid waar jy is.
Bid saam met jou gesin.
Bid saam met vriende of ’n kleingroep.
Bid saam met ander gelowiges.
Want wanneer die kerk bid, onthou ons weer waar ons hoop lê.

Gebed vir Suid-Afrika
Hierdie gebedsreis vorm deel van ’n groter beweging van gebed
en verootmoediging vir Suid-Afrika en verbind gelowiges,
gemeentes en bestaande gebedsnetwerke oor kerk- en
gemeenskapsgrense heen.

25 September se Gebedsbyeenkoms
As deel van die inisiatief word daar ook op 25 September
’n Christelike gebedsbyeenkoms rondom Suid-Afrika se verkiesing
en ons land se toekoms by die Parlement gehou.
Dit is ’n besondere geleentheid vir gelowiges om saam
voor God te staan en te bid vir wysheid, geregtigheid, vrede,
verantwoordelike leierskap en sy leiding oor Suid-Afrika.

Oosterlig bid saam
Ons wil as Oosterlig nie net van hierdie beweging weet nie.
Ons wil deel daarvan wees.
Daarom nooi ons jou uit om vanaf 14 September
saam met duisende ander gelowiges die
50-dae-gebedsreis aan te pak.
Inligting oor verdere plaaslike gebedsgeleenthede en byeenkomste
sal ook gedeel word soos die 50 dae vorder.

Begin hier
Kliek hier vir jou gebedshandleiding:
50 dae.
Een land.
Baie gemeentes.
Een Kerk wat bid.
Een land.
Baie gemeentes.
Een Kerk wat bid.