1. Môre, Here!
2. Here, wys my vandag hoe ek U kan gehoorsaam as Here en Koning, in my daaglikse besluitneming.
3. Here ek is jammer vir...
4. Here, verander... in my, en net as U wil, sommige omstandighede...
5. Here, leer my vandag hou van die verlore mense in my lewe.
6. Wys my wie ek eendag Oosterlig toe kan nooi.
7. Here, herinner my vandag dat ek geen regte het nie, slegs voorregte, en help my om my eie "regte", voorkeure op te gee ter wille van diens aan enige burger van SA rondom my.
8. Here, ek bid vandag vir die ander lidmate van Oosterlig, my geestelike familie, regoor Pretoria en SA, dat ons U sal verheerlik met ons lewens.
9. Here, sal U asseblief vir my...
10. Here, help my om u genade, goedheid en voorsiening elke dag in my lewe raak te sien, sodat my groei 'n exciting en vreugdevolle reis sal wees en nooit sal verval in vreugdelose plig nie. Ek prys u Naam!