Oosterlig is 'n plek waar mense Jesus kan ontmoet en
betrokke kan raak in 'n lewegewende gemeenskap waar almal welkom is net soos jy is.
Ons glo daarin om spasies te skep waar mense egte ontmoetings met Jesus Christus kan hê sodat Hy ons kan transformeer om 'n verskil te maak in die wêreld.
Kom woon een van ons eredienste op Sondae by!

Eredienstye
Sondae om 9:00 (In-Persoon & Aanlyn)
Sondagaande om 17:30 (Slegs In-Persoon)
Word die beste weergawe van jouself. Word deel van die avontuur net soos jy is, word getransformeer, maak 'n verskil.
Wat om te verwag
Jy kan gemaklik aantrek, van 'n kortbroek tot 'n pak.
'n Erediens is gewoonlik 'n uur lank. Ons sing 'n verskeidenheid liedjies van kontemporêre tot tradisionele musiek wat gelei word deur ons aanbiddingspan.
Daar is kinderoppasdiens (KompasKids ons kinderbediening) gedurende ons oggenddiens om 9:00.
Beplan om na die tyd 'n lekker koppie koffie by een van ons koffiestasies te drink en 'n klomp nuwe mense te ontmoet.