Raak betrokke by Oosterlig

Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.

Markus 10:45

Ons glo dat die Here ons elkeen uniek geskep het met ons eie persoonlikheid, gawes en bekwaamhede. Ons glo ook dat Hy vir ons 'n voorbeeld stel van nederige diens aan ons naaste. Daarom poog elkeen van ons om ons eie unieke gawes en plek in die gemeente te ontdek en die gemeente in nederigheid te dien.

Ons het jou hier nodig...

Gasvryheid

Kom help ons Sondae met verwelkoming, koffie en tee en parkering.

KompasKids

Kom bou Sondagoggende in kinders se lewens in deur 'n groepleier te wees vir 'n spesifieke ouderdomsgroep.

Aanbiddingspan

Kom help ons om Sondae 'n aanbiddings kultuur in die Eredienste te vestig deur die orkes, multimedia of dekor.

Tienergroepe

Miskien kan jy nog onthou wie het 'n groot impak op jou lewe gehad toe jy 'n tiener was. Kom wees daardie persoon vir ander tieners. 

Dien in ons gemeente

Gebruik jou unieke gawes en talente om 'n verskil te maak in die Koninkryk.

Daar is verskeie maniere hoe jy die Here en ander mense kan dien in Oosterlig. Vul die vorm hieronder in en ons help jou om jou plek te kry waar jy 'n verskil kan maak.

Raak Betrokke FAQ

Waar kan ek dien by Gasvryheid?

Die Gasvryheidsbediening sorg dat mense welkom voel op Sondae. Elke Erediens het aparte spanne wat fokus op daardie spesifieke Erediens. Daar is 'n verwelkomingspan by die deure wat mense verwelkom en plek aanwys binne die ouditorium.  Koffiespanne wat sorg dat daar voor en na 'n Erediens lekker filterkoffie beskikbaar is en parkeerspanne wat help dat mense maklik en vinnig 'n parkeerplek kry. 

Hoe kan ek dien by die Kompaskids?

Die Kompaskids is ons kinderbediening tydens die eerste oggenddiens om 08:15. Daar word hoofsaaklik van jou verwag om Sondae, gedurende skoolkwartale, Sondagskoollesse vir kinders van gr 1 tot gr 6 aan te bied.  Geen kwalifikasies is nodig nie.  Dit is slegs belangrik om ‘n liefde vir kinders en ‘n passie vir die uitbouing van die Koninkryk te hê.  

Hoe kan ek dien by die Aanbiddingspan?

Die aanbiddingspan bestaan uit die orkes, klank en video en dekorspan. Daar is op 'n Sondag twee orkeste. Een vir die oggenddienste en een vir die aanddiens. Indien jy agter die skerms wil werk en help om ons Eredienste glad te laat verloop, sal ons jou hulp waardeer. Ons benodig klankingenieurs (opleiding word verskaf), rekenaar-operateurs en videokamera -operateurs.

Hoe kan ek dien by die Tieners?

Die tienerpelgroepe kom Sondagaande tydens skoolkwartale direk na die aanddiens bymekaar. Die tieners is van gr 7 - gr 11.  Groepleiers stap 'n pad saam met 'n spesifieke groep en lei die gesprekke in die groep. Jy hoef nie 'n kwalifikasie te hê nie, net 'n hart vir jongmense. 

Vrae oor hoe jy betrokke kan raak?

Ons sal graag met jou wil gesels oor hoe jy kan betrokke raak.
Vul gerus die vorm in, indien jy nog vrae het.