Twenty up
Jongvolwassenes

Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.

Spreuke 27:17

Ons elkeen het die behoefte om iewers te behoort. Millennials staan vandag bekend as "generation lonely". Daarom fokus ons daarop om spasies te skep waar jongmense ander kan leer ken en behoort. Hier by Oosterlig doen ons dit deur events te hou. Hierdie events bestaan uit Masterchef, Quiznights, Wynfeeste, die Jiver Cup en nog ander. Kyk gerus op die app of Oosterlig se Facebook bladsy vir ons volgende groot event. 

Twenty Up Events

Masterchef
 Maart 2020

Deesdae is daar 'n foodie in elke huis. Kom saam met jou vriende en wys jou kookvernuf. Hierdie is 'n goeie geleentheid om nuwe mense te leer ken.

Jiver Cup
12 - 16 Junie 2020

'n Naweek in die middel van die wildtuin met kuier, gholf, wildritte, uitreik en 'n spa. Die Jiver Cup het slegs plek vir 24 mense. So kontak ons nou om jou plek vas te maak.

Kleingroepe

Leef connected.  Groei meer.

As jy nog dieper met mense wil connect kan jy altyd by 'n huisgroep inskakel. In 'n huisgroep word jy uitgedaag om te groei, maak jy vriende wat 'n leeftyd saam met jou die pad van die lewe stap en kry jy die geleentheid om 'n verskil te maak in ander mense se lewens. 

Kontak ons

Ons sal graag van jou wil hoor. Vul gerus die vorm in om die proses aan die gang te kry.